Subklas van | physical quantity, thermodynamic temperature |
---|---|
Faset van | dou |
Bestudeer deur | termodinamika |
ISQ dimension | |
Approximation algorithm | Mangus formula |
Quantity symbol (LaTeX) | |
Recommended unit of measurement | kelvin |
Die doupunt is die temperatuur tot waar 'n gegewe hoeveelheid lug afgekoel moet word by 'n konstante lugdruk om waterdamp te kondenseer. Die gekondenseerde water word dou genoem. Die doupunt is 'n versadigingspunt. As die doupunt-temperatuur onder vriespunt daal word daar nie dou gevorm nie maar ryp.
Die doupunt hang af van die relatiewe humiditeit (voggehalte) van die lug. 'n Hoë relatiewe humiditeit dui daarop dat die doupunt nader aan die lugtemperatuur is. 'n Relatiewe humiditeit van 100% dui daarop dat die doupunt gelykstaande is aan die heersende lugtemperatuur en dat die lug versadig is met water. As die doupunt konstant bly en die lugtemperatuur verhoog, sal die relatiewe humiditeit afneem.[1]
By 'n gegewe lugdruk en onafhanklik van die lugtemperatuur is die doupunt 'n aanduiding van die molfraksie water in die lug en daarom bepaal dit die spesifieke voggehalte van die lug. Die doupunt is 'n belangrike maatstaf vir weerkundiges, vlieëniers en ontwerpers van verkoelingstelsels.